‘n Oomblik van Swakheid oor die Oorlog in die Ooste

Reg en geregtigheid is verwerp mits ‘n tekort aan ink op papier,
Netnou NATO, maar nie nou nie, jy’s te laat, jy’s te laat, jy’s te laat
So dis sankies sans plofstof. Dis hakkelende ou mans sans aksie, net ‘n reaksie met die oog op plaaslike affêres, belas met belasting en welsyn en verkiesings en sondag middagete en ‘n middagslapie.
Hul leerstof is geskiedenis, ‘n koue skouer wat ‘n koue oorlog onthou. Atoomvrees met ‘n vervrisde skerp tong wat ditself stomp mompel in kreupelagtige gesprekke en debate en skreeusessies in luukse hotelspieëls en briesende, vriesende, vreesaanjaende nietighede in Brussel. Ses-en-dertig jaar later brand Chernobyl weer. Een-en-dertig jaar van onafhanklikheid. ‘n paar maande van skaak, voor onafhanklikheid mak word en mank word.

en die van ons wie in oomblike van swakheid iets voel oor die, eerder as om te floreer in analise, in reg-seggende terugflitse na vorige gesprekke, of eerder as om te verval in ironie en apatie na leeftye van verlammende eksistensiële dreigemente, hulpeloos en net… verdwaal in ‘n diep donker hartkamer wat dekades terug belig en verlig was. Die van ons blyk in die minderheid.

Die ystergordyn trek toe soos ‘n guillotine, en die goue draak hou sy adelike prys dop in die donker.

Leave a comment